top of page

Lede van LLLSA kan hierdie item gratis aflaai met jou Lidmaatskap koepon. Kontak member@lllsa.org vir jou koepon kode. 

 

By my mamma is ’n borsvoedingsverhaal. Dit beskryf die grootwordproses en leer ons dat, hoewel die borsvoedingsproses tot ’n einde kom, daar geen perke is aan die liefdesband tussen ’n ma en haar kind nie.


Borsvoeding vorm ’n diep, emosionele verhouding tussen ma en kind, en hierdie boekie het ten doel om ’n gesprek oor die speningsproses te begin.


Pragtige waterverfillustrasies en strelende versies kan jong kinders help om die reis van borsvoeding van begin tot einde te verstaan. Die boek begin met die ongebore baba - die diepste bron van vertroosting so naby mamma se hart. Dit eindig met ’n hartverwarmende illustrasie van moeder en kind wat saam ’n boekie lees.


Hierdie boek is vir kleuters en hul liefdevolle mammas wat hulle voorberei om die speenproses te begin. Dit is die ideale aandenking om dié spesiale tyd wat hulle gedeel het, te onthou.

 

 

By my Mamma

R70,00Price

    © 2025 by La Leche League South Africa. Read our Privacy Policy here. Read our PAIA Manual here.

    • Facebook Social Icon
    MySchool button.png

    All images and other materials posted on this site are subject to copyrights owned by La Leche League South Africa or other individuals.  Any reproduction, retransmission, distribution or republication of all or part of any images, and other materials found on this site is expressly prohibited, unless La Leche League South Africa or the copyright owner of the material has expressly granted its prior written consent.  All other rights reserved.  

    bottom of page